SECUNDA – Lede van Sasol Posduifklub se duiwe het Saterdag, 11 Augustus vanaf Schmidtsdrift in die Noord-Kaap huis toe gevlieg.
Een van die duiwe van W & K Hokke was die vinnigste in die jaaroudafdeling.
Duiwe van dié hokke het ook agtste en negende plekke in dié afdeling behaal.
Een van die duiwe van die Kinders van die Windspan het tweede geëindig en een van Britz & Seunspan se duiwe derde.
’n Duif van Boeta Homan het vierde geëindig, terwyl een van Buks Snyman se duiwe vyfde geëindig het en een van Selection Loftspan se duiwe sesde.
Frik Stander se duiwe het sewende en 10de plekke behaal.
In die ope-afdeling het een van Britz & Seun-span se duiwe gewen, terwyl een van hul ander duiwe ’n sewende plek losgevlieg het.
Een van Buks Snyman se duiwe het tweede geëindig, terwyl een van Selection Loftspan se duiwe derde geëindig het en Boeta Homans se duiwe het vierde en sesde plekke behaal.
Die Viljoen-gesin se duiwe het vyfde en negende plekke behaal en een van Frik Stander se duiwe ’n negende plek, terwyl een van die duiwe van W & K Hokke ’n 10de plek behaal het.




