Local sportSport

Deane Jansen is ope-kampioen in Bethal

Vroue durf gholfbaan aan in ysige koue.

BETHAL – ‘n Groot groep vroue het verlede Donderdag, 9 Augustus, Bethal se gholfbaan in ysige koue aangedurf vir die jaarlikse vroue-opekampioenskap.

Deane Jansen met 43 punte is as vanjaar se kampioen gekroon.

Sarie Erasmus met 37 punte was tweede, met Janice Swanepoel (36) derde.

Die res van die uitslae is 4) Gay Burger (36), 5) Rene Lombard (35), 6) Helen Greef (35), 7) Christa Prinsloo (35), 8) Ronel Purchase (35) en 9) Wilma van Vuuren (35).

Sarie Erasmus het ook die beste van die seniors gespeel met haar 37 punte.

Rene Lombard het die langste dryf geslaan, terwyl Ronel Purchase die pryse gewen het vir die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies.

Patrizia Lombard het die pryse vir die naaste aan die pen op die 6de en 15de putjies verower.

Thinus Marais Makelaars Momentum was die dag se borg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button