Local sportSport

Dansers dring deur na eindronde van Dans in jou Taal-kompetisie

Groep berei voor vir volgende ronde.

SECUNDA – Dansers van Tilana Dans-akademie het aan die Dans in jou Taal-kompetisie wat op KykNET uitgesaai word, deelgeneem en deurgedring na die eindronde.

Die eienaar van die dansakademie, me. Tilana Matthee, het 11 dansgroepe ingeskryf wat vir ‘n plek gedans het vanaf 3 tot 5 Augustus.

Altesaam vyf van me. Matthee se groepe het na die eindronde wat vanaf 31 Augustus tot 2 September plaasvind, deurgedring.

Dié vyf groepe is die Dans op die Tafelsgroep wat in die moderne dansafdeling uitgeblink het, die Hambamba-groep, wat ook in die moderne dansafdeling uitgeblink het, die Zebra-groep wat in die akrobatiese dansafdeling uitgeblink het, die Skepe-groep, wat in die kontemporêre afdeling uitgeblink het en die Hoela-groep wat in die vrystyl/ope-afdeling uitgeblink het.

Dié program sal in Januarie op KykNET uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button