Johan Joubert was die eerste man oor die wenstreep in die 53km-wedren
Skool bied eerskomende Saterdag 4x4-dag aan.
BETHAL – Fietsryers het Saterdag, 4 Augustus tydens Privaatskool Hoëveldrif se fietswedren meegeding en Johan Joubert was die eerste man oor die wenstreep in die 53km-wedren.
Jacques Nel het tweede geëindig, Jan Bredenhan derde en Johan Douwenga vierde.
Die eerste veteraan in die 53km-afdeling was Nicolaas Booysen.
In die 10km-wedren het Jurgens Louwe eerste geëindig onder die seniors terwyl Johan Coetzee tweede geëindig het.
Cronjé Fourie was die eerste junior fietsryer oor die wenstreep. Wicus Venter het tweede geëindig en Ryno de Gouveia derde.
Thelmi de Kock is die eerste vrou oor die wenstreep in die 10km-wedren en Charl Fourie was die wenner in die 5km-wedren, terwyl Adriaan van Wyk tweede geëindig het en Marietjie Lategan derde.
Cornell Scholtz is as die aanhouer vir die dag aangewys.
Die leerders van Privaatskool Hoëveldrif het self die inisiatief geneem en dié fietsrydag georganiseer om geld in te samel vir nuwe sporttoerusting.



