Local sportSport

Wenners van Trichard NG Kerk se gholfdag het 112 punte aangeteken

Niemand het 'n kolhou op die agste putjie geslaan nie en die R10 000 prys is steeds onopgeëis.

EVANDER – Die R10 000-prys wat die N.G. Kerk van Trichardt op die spel geplaas het vir die eerste gholfspeler wat ’n kolhou op die agste putjie slaan tydens die kerk se jaarlikse gholfdag by Walker Park Saterdag, 11 Augustus, is steeds onopgeëis.

Niemand het daarin geslaag om dié moeilike hou te speel nie.

Die wenners van die dag is egter steeds met groot pryse beloon.

Die vierbal van Gae en Riaan Burger, Peet Murray en Jacques de Beer het die dag gewen. Hulle het 112 punte gehad.

Albert Louw, Ivan Maré, Sakkie Pelser en Ruan Botha was tweede met 110 punte.

Volgens ds. Coen Sutton het 91 spelers deelgeneem.

“Die gholfdag is deel van die gemeente se jaarlikse geldinsamelingsprojekte wat ons help om ons verantwoordelikhede teenoor die gemeente en die gemeenskap na te kom,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button