Local sportSport

Secunda-posduiwe vlieg vanaf Noord-Kaap

Viljoen-gesin se duif wen afdeling in wedvlug.

Posduiwe van Secunda se duiweboere het die afgelope naweek in ’n wedvlug vanaf Schmidtsdrift in die Noord-Kaap deelgeneem en een van die Viljoen-gesin se duiwe was die wenner in die jaaroudafdeling, terwyl een van hul ander duiwe vyfde geëindig het.

Eiber en Neethlingspan se duiwe het tweede en agtste plekke behaal, terwyl ’n duif van W en K Hokke ’n derde plek behaal het en Britz en Seun-span se duiwe vierde en negende plekke.

Een van Selection Loft-span se duiwe het sesde geëindig en een van Kinders van die Wind-span se duiwe sewende, terwyl een van Hendrikus van den Heever se duiwe 10de geëindig het.

Frik Stander se duiwe het behoorlik uitgeblink en eerste, tweede, derde en agtste plekke in die ope-afdeling behaal.

Een van Ernst de Nysschen se duiwe het vierde geëindig, terwyl Selecton Loft-span se duiwe vyfde en 10de geëindig het.

Een van Buks Snyman se duiwe het sesde geëindig en een van Eiber en Neethling-span se duiwe negende.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button