Local sportSport

Patrizia voer Mpumalanga-vroue aan

Hoewel ‘wen’ nie die alfa en die omega is nie, sal ’n perfeksionistiese aard haar moeilik laat tou opgooi.

Patrizia Lombard werk op die gholfbaan aan haar voorgee van 9 en stof gereeld ander gholfers by plaaslike klubkompetisies uit of toon haar staal op provinsiale vlak.

Sy is die Mpumalanga se Hoëveld Vroue-gholfvereniging se president en danksy grondige rekenkundige agtergrond, behartig sy ook die tesouriersportefeulje.

Benewens die afwagting om plek in die Mpumalanga-vrouespan te kon behaal, hou sy die vordering van Julene Willemse met ’n arendsoog dop.

Danksy haar geslaagde mentorsrol, kon dié leerling van Hoërskool Standerton, al sukses behaal.

Patrizia sal in Oktober die reis na die wynlande aanpak om by ’n interprovinsiale toernooi op Stellenbosch te wedywer.

“As ek nie gekies word nie, sal ek tien teen een die bestuurder of chaperone van die Mpumalanga-span wees,” het sy voor die aankondiging dat sy wel die span gehaal het, gesê.

Sy is verlede week in kennis gestel dat sy as kaptein sal diens doen.

Mpumalanga het in sowel 2016 as 2017 in die B-afdeling geseëvier.

Gholfers sien gewis die mooiste natuurskoon in die land by sulke toernooie soos in die Boland, by die suidkus, op die tuinroete en is nie ongeneë om die sport te verteenwoordig waar ook al kragmetings plaasvind nie.

Patrizia het opgemerk dat die spelers baie jonk is en sy neem hulle aanspreekvorm vir lief.

“Die meeste sê vir my ‘tannie’.”

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button