Local sportSport
‘Fietswedren moet so bietjie moeilik wees om lekker te wees’
“Dit was ’n ongelooflike ondervinding en die wedren word vir seker aanbeveel as ’n wenslys-item vir enige iemand wat glo dit moet so bietjie moeilik wees om lekker te wees,” het Streicher gesê.
Twee fietsryspanne van Standerton het op 18 Augustus aan die “Trans Baviaans Repeat” deelgeneem.
Die Trans Baviaans-bergfietswedren het om 10vm in Willowmore begin met ’n roete van 230km en ’n totale, opwaartse klim van 2 956m deur die Baviaanskloof het gevolg.
Fietsryers het sowat 24 uur later in Jeffreysbaai geëindig.
Dié wedren word deur ongelooflike natuurskoon en die beste kontrolepunte (checkpoints) ooit gekenmerk.
Genoeg roosterkoeke, koedoesosaties, wors, jaffels en lekkergoed was tydens die uitdagende wedren beskikbaar.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



