Bethal wen een en verloor een
Die span het van elke geleentheid gebruik gebruik om onder die pale te gaan kuier en het tydens die wedstryd sewe drieë teenoor Bethal se een drie, aangeteken.
BETHAL – Bethal Rugbyklub se eerstespan het Saterdag, 8 September met Ermelo kragte gemeet op Ermelo se tuisveld in die eindronde van die Hoëveld Burgemeestersliga en in die stof gebyt.
Die eindtelling was 48-5.
Dit besorg Bethal die tweede plek in die liga. Donovan Marx het die enigste punte vir Bethal aangeteken.
Die spelers van die wedstryd was Francois de Wet (voorspeler) en Marx (agterspeler).
Bethal se tweedespan is die wenners van die Hoëveld Burgemeestersliga nadat hulle Ermelo 27-17 geklop het.
Die puntemakers van die wedstryd was Peter Lello wat twee drieë gedruk het en Tiaan Groenewald en JG Terblanch wat een drie elk gedruk het.
Roy Campbell het twee drieë verdoel en een strafdoel deur die pale gestuur en die spelers van die wedstryd was Dawie Viljoen (voorspeler) en Francois Berry.
Die tweedespan speel Saterdag, 15 September teen Lydenburg in die Mpumalanga Rugby-unie se eindronde wat op Witrivier plaasvind.






