Local sportSport

Wedvlugduiwe vlieg vanaf Noord-Kaap na Secunda

Duiweboere se duiwe ding mee.

SECUNDA – Duiweboere se posduiwe het die afgelope naweek vanaf Griekwastad in die Noord-Kaap huis toe gevlieg en die Viljoen-gesin se duiwe het eerste en vierde plekke in die ope 1-afdeling behaal.

Frik Stander se duiwe het tweede, derde en 10de plekke behaal, terwyl Buks Snyman se duiwe vyfde en sesde geëindig het.

Een van Britz en Seun-span se duiwe het ‘n sewende plek behaal en een van Boeta Homan se duiwe ‘n agtste plek en een van Eiber en Neethling-span se duiwe ‘n negende plek.

Een van Britz en Seun-span se duiwe het die ope 2-afdeling gewen en Homan se duiwe het tweede en negende plekke gekom.

Eiber en Neethling-span se duiwe het skoonskip gemaak in dié afdeling deur tweede, derde, sesde, sewende en 10de plekke te behaal.

Een van Buks Snyman se duiwe het vyfde geëindig en een van die Eiber en Neethling-span se duiwe 10de.

Stanley en Alta Viljoen van die Viljoen-gesin se duiwe het die ope 1-afdeling gewen.
Nico en Francis Britz van die Britz en Seun-span se duiwe het die ope 2-afdeling gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button