
KINROSS – ’n Groep 4×4-geesdriftiges reël ’n pretdag op Kinross op 29 September.
Avontuurlustiges wat van 2×4- en 4×4-voertuie hou, is welkom om dié dag by te woon.
Mnr. Theo Janse van Rensburg, een van die organiseerders, het gesê beginners en ervare 4×4-geesdriftiges is welkom.
Registrasie vind vanaf 7vm by die N.G. Kerk op die hoek van Wolhuter- en Kroonstraat plaas.
Die groep 4×4-ryers sal om 8vm vanaf die kerk vertrek en dit kos R250 vir die bestuurder en sy navigator en R50 per ekstra persoon.
Laerskoolleerders en kinders kan die dag gratis bywoon.
Daar is ’n braai aan die einde van die roete, asook ’n kuiergeleentheid by die dam en lapa.
Pap en sous vir die braai word voorsien en belangstellendes moet hul eie vleis, verversings, speserye en eetgerei saamneem.
Daar is braaigeriewe.
Vir meer inligting, skakel mnr. Jansen van Rensburg by 082 467 1620.



