Standerton Netbalklub vereer spelers
Me. Shané Dalgleish, afrigter, het al die spelers, ondersteuners en borge vir hul bydrae tot ’n suksesvolle jaar bedank
Standerton Netbalklub het op 20 September hul prysuitdelingsfunksie by die Standerton Buiteklub aangebied waar spelers vir hul spelpeil deur die seisoen vereer is.
Marisca van Wyk is as algehele speler van die jaar asook mees toegewyde aangewys, terwyl Nadia Fuhri die toekenning as beste seniorspeler en Deoné Steyn die toekenning as beste juniorspeler ontvang het.
Carly Green is as beste binnebaanspeler, Thenjiwe Mlaba as beste doel en Minah Mazibuko as beste verdediger aangewys.
Die skeidsregter van die jaar-toekenning behoort aan Nadia Pretorius en Jabulile Ntsele spog met die toekenning as “up and coming”-speler van die jaar.
Me. Shané Dalgleish, afrigter, het al die spelers, ondersteuners en borge vir hul bydrae tot ’n suksesvolle jaar bedank



