Standerton Krieketklub klop Kinross met 172 lopies
Daniel het met ’n kolwersbeurt wat skrik vir niks 70 lopies van slegs 65 balle gemoker en is ook as Kolwer van die Wedstryd aangewys.
Standerton Krieketklub het hul eerste wedstryd die afgelope naweek gespeel en as wenners uit die stryd teen die span van Kinross getree.
Die plaaslike span het die loot gewen en op ’n blad wat kolwers bevoordeel, was dit ’n maklike keuse vir kaptein, Werner Mouton, om sy openingskolwers, Estienne du Toit en Justin Uys in te stuur.
Die vennootskap was egter van korte duur, nadat Uys uitgevang en Du Toit deur ’n puik aflewering van Kinross se openingsbouler, Nkulukelo Nzimande, uitgeboul is.
Jacques Nel en Kai Daniel was volgende aan die beurt en dit was van meet af aan duidelik dat Kinross hul hande met dié twee sou volhê.
Daniel het met ’n kolwersbeurt wat skrik vir niks 70 lopies van slegs 65 balle gemoker en is ook as Kolwer van die Wedstryd aangewys.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



