Bobbies wen Lake Umuzi se sewestoernooi
Hoewel die plaaslike Lui Perde nie groot op die veld gewen het nie, het hulle beslis die meeste gees gehad en is hulle daarvoor beloon
SECUNDA – Die Bobbies van Johannesburg, die Bethal Meerkatte en die Barbarians van die verskeie skole in die omgewing het hul onderskeie ligas gewen in die Lake Umuzi Rainbow Sportfest se sewesrugbytoernooi wat Saterdag by die Sasolklub in Secunda gehou is.
Die Bobbies het die Superliga oorheers en het die verdedigende kampioene, Sasol 1, uitgestof om uiteindelik die beker huis toe te vat.
Die Bethal Meerkatte het die Sosiale-liga gewen en die Barbarian wat uit sewe spelers van die omliggende skole bestaan het, het die skoleliga gewen.
Pryse is uitgedeel aan elke wenspan en afdelingswenner.
Jacobus Byleveldt van die Sasol Young Guns is aangewys as die speler wat die meeste drieë op die toernooi gedruk het.
Ockie van Zyl is aangewys as die top-skeidsregter van die dag. Hy het soveel woema gehad, dat hy ook sommer saam rugby gespeel het wanneer ’n span ’n speler gekort het en Van Zyl nie fluitjie geblaas het nie.
Hoewel die plaaslike Lui Perde nie groot op die veld gewen het nie, het hulle beslis die meeste gees gehad en is hulle daarvoor beloon.
Volgens me. Mariëtte Kruger van Sasol Rugbyklub het drie spanne in die Dkole-liga meegeding, vyf in die Sosiale-liga en vyf in die Superliga.
Die jongste speler – hy was slegs 15 jaar oud – was van die eMba Juniors en die oudste speler – van 46 jaar-oud – was van die Bethal.
Also read:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/125824/samba-boys-fc-clinches-seven-a-side-cup-at-lake-umuzi-rainbow-sportfest/




