Local sportSport

Jagtersvereniging bied juniorkamp aan

Kobus Louw wen skietdag

BETHAL – Die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging se tak op Bethal, het in September, in samewerking met die Gereformeerde Kerk op Bethal, ’n groeperingskietdag aangebied en Kobus Louw was die algehele wenner onder die senior deelnemers.

Kobus Story het tweede geëindig en André Botha derde.

Die juniorwenner- en wenner onder die vroue was Charoné Claasens van Pretoria.

Altesaam 71 skuts het aan dié skietdag deelgeneem.

Die vereniging het ook in September ’n spesiale skietkamp vir junior skuts aangebied en kinders vanaf gr. 3 tot gr. 7 kon dié kamp bywoon.

Hulle het van etiese jaggewoontes, veilige hantering van vuurwapens, skootplasing, horings meet, oorlewing en makkerhulp geleer.

Hulle het ook geleer hoe om verskeie wapens wat die .22, windbuks en pyl en boog insluit, te hanteer.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen, voorsitter van die Bethal-tak, beplan hulle om ’n meer gevorderde kamp wat op hoërskoolleerders sal fokus, volgende jaar aan te bied.

Altesaam 47 laerskoolleerders het die junior-kamp bygewoon.

Vir meer inligting oor die jagtersvereniging, skakel mnr. Oosthuizen by 082 493 6689.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button