Local sportSport

Diepseehengelklub-lede kry bote gereed

Jan Strydom kan sertifikaat uitreik vir bote

SECUNDA – Lede van die Taratibo Diepseehengelklub het Saterdag, 13 Oktober hul bote by die Eendedam laat toets en saam gebraai.

Mnr. Jan Strydom het gesê hulle maak seker hul bote is seevaardig en dat al die toerusting op die bote in plek is en in ’n werkende toestand.

Mnr. Strydom kan sertifikate vir bote, asook Jet Skis uitreik, en die publiek is welkom om hom te skakel by 071 883 7190.

Hier is van die lede van die Taratibo Diepseehengelklub wat hul bote laat toets het: mnre. Zandre Burger, Jan Strydom, Etienne du Preez, Lionel du Preez, me. Barbra Pretorius en mnr. Martin Mulder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button