Local sportSport

Vroue durf modder aan by Warrior Princess-dag

Altesaam 900 vroue neem deel

SECUNDA – Laerskool Goedehoop se Princess Warrior-dag was ’n groot sukses met 900 vroue en 108 spanne wat deelgeneem het.

Daar is nie wenners nie, omdat vroue dié hindernisbaan net vir die pret doen.

Verskeie ondernemings en groepe vriendinne, asook leerders het die modderpoele en hindernisse aangedurf en die koue het hulle nie afgeskrik nie.

Me. Juanita Fourie, Goedhoop se bemarker, het mnr. Johan Rosslee van Kamp Oase bedank en gesê sonder hulle, die hoofborg, sou die dag nie moontlik kon wees nie.

Dit was Laerskool Goedehoop se tweede Warrior Princess en hulle beplan om volgende jaar nog groter en beter te wees.

Die jongste deelnemer was nege jaar oud en die oudste deelnemer was 67 jaar oud.

Marelize Pretorius van die Kalie Kilowatts-span nadat sy in die water geval het Saterdag, 20 Oktober by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag.
Lede van die Muddy Mudders-span sleep ’n band Saterdag, 20 Oktober by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag.
Lede van die Muddelicious-span gaan onderdeur die net Saterdag, 20 Oktober by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag by Kamp Oase.
Lede van die Down and Dirty Divas verloor hul balans Saterdag, 20 Oktober by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag by Kamp Oase.
Getruide Scholtz en Theresa Duvenage van die Kalie Kilowatt-span verloor Saterdag, 20 Oktober hul balans by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag by Kamp Oase by Lake Umuzi.
Die Slakke-span durf Saterdag, 20 Oktober die heuwel aan by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag.
Die Bakgat-span in aksie Saterdag, 20 Oktober by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-dag.
Cherise Brits en Wilmarie Pretorius van die Mud Crushers-span in aksie Saterdag by Warrior Princess-dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button