Local sportSport

Sasol 1 wen Mpumalanga T20-liga

Sasol 1 speel teen wenners van Eastern-liga

SECUNDA – Sasol 1 het Sondag, 28 Oktober tuis met Nelspruit kragte gemeet in die eindronde van die Mpumalanga T20-liga en die wedstryd met agt paaltjies gewen.

Nelspruit het 103 lopies aangeteken en Sasol 1 het die telling in 14 beurte behaal.

Nelspruit het teen Witbank Snipers gespeel en die Snipers het 122/6 aangeteken en Nelspruit is uitgeboul vir 77.

Die Snipers het die wedtryd met 45 lopies gewen.

In die laaste wedstryd vir Sondag, het Sasol 1 teen die Snipers te staan gekom en hulle met vier paaltjies geklop.

Die Snipers kon slegs 91 lopies aanteken en Sasol 1 het diƩ telling in 16.4 beurte behaal.

Sasol 1 speel eerskomende Sondag (4 November) tuis teen die Titans Franchise halfeindronde teen die wenners van die Easterns-liga.

Sasol 2 Bulldogs het ook die naweek tuis gespeel teen die Bethal Bears en hulle met drie paaltjies geklop.

Die Bears is uitgeboul vir 142 en Sasol het die telling in hul 30ste beurt behaal.

Sasol 3 het teen Piet Retief 2 gespeel op Piet Retief en hul wedstryd verloor.

Die Sasol Kinross-span het ook die afgelope naweek teen die Breyton Chethas in die Promosie-liga gespeel en Breyton uitgeboul vir 35 lopies terwyl Sasol 382 lopies behaal het.

Michael Rossouw van Sasol 2 Bulldogs in aksie op die veld Saterdag, 27 Oktober.
Michael Rossouw van Sasol 2 Bulldogs in aksie op die veld Saterdag, 27 Oktober.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button