Plaaslikes raap groot trofeë by Mpumalanga-skeidregtersunie se prysduitdeling op
Jonathan Lottering het sy Superliga-skeidsregterstatus ontvang
HIGHVELD – Secunda se rugbyskeidsregters het vanjaar weer eens die top toekennings by die Mpumalanga-skeidsregtersunie se jaarlikse prysuitdeling opgeraap.
Dié plegtigheid is in eMalahleni (Witbank) op 3 November aangebied.
Corné van Zyl het die trofee ontvang as die Assistent Skeidsregter van die Jaar.
Johan Brits is vereer vir die Beste vordering in die Top 30.
Tommie Lottering is aangewys as Mpumalanga se Administrateur van die Jaar terwyl jongeling Jonathan Lottering sy Superliga-skeidsregterstatus ontvang het.
Marnus Meiring en Stephan van Dyk deel die trofee as Skeidsregter van die Jaar.
Okkie van Zyl en Tommie Lottering het ook elk langdienstoekennings van 20 jaar, asook erelidmaatskap ontvang.
Okkie en Corné van Zyl en Tommie en Jonathan Lottering is pa en seun.
Van Zyl (senior) het gesê dit is waarskynlik die eerste keer in die provinsie se geskiedenis dat twee pa en seun-kombinasies vereer word.




