Local sportSport

Willem is Victory Taekwondo se Student van die Jaar

Hy het die meeste klasse bygewoon en het ook vanjaar die meeste studente genooi om by die Taekwondo-skool aan te sluit.

SECUNDA – Willem van Heerden (9) is onlangs aangewys as Victory Taekwondo Secunda se Student van die Jaar.

Hy is deel van Victory Taekwondo se Mpumalanga-span.

Hy het die meeste klasse bygewoon en het ook vanjaar die meeste studente genooi om by die Taekwondo-skool aan te sluit.

Willem het aan die Wêreldkampioenskap in Little Rock Arkansas deelgeneem en is ook tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap as nasionale kampioen in sy ouderdomsgroep vir seuns tussen nege en 10 jaar aangewys.

Hier is hy saam met Sabumnim Erika Vorster en Sabumnim JP Vorster.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button