Local sportSport

MG is Bethal Gholfklub se nuwe klubkaptein

Die res van die dagbestuur bestaan uit mnre. Corné Klopper (onderkaptein) en Spies Fourie (tesourier/sekretaris).

BETHAL – Mnr. MG Snyman is verlede Donderdagaand as Bethal Gholfklub se nuwe klubkaptein verkies.

Mnr. Hennie Jordaan is die nuwe president.

Die res van die dagbestuur bestaan uit mnre. Corné Klopper (onderkaptein) en Spies Fourie (tesourier/sekretaris).

Die addisionele lede is mnre. Henri van Vuuren, Willem du Plooy, Gert van der Merwe, Piet Odendaal, Pieter van der Linde, Bertus Nortier en André Lewies.

Wilma van Vuuren is as vrouekaptein aangewys.

Mnr. Lewies wat die uittredende president is, het tydens die vergadering gesê dat plattelandse gholfklubs tans om oorlewing veg omdat die finansiële druk groot is.

“Ons het ‘n standhoudende komitee nodig om die klub vorentoe te neem en ons moet sorg dat Bethal Gholfklub voortbestaan ter wille van onsself.”

Hy het lede aangemoedig om betrokke te raak.

Mnr. Piet Draper, lid, het mnr. Lewies en die uittredende klubkaptein, mnr. Bertus Nortier, bedank vir hulle harde werk die afgelope jaar en dit wat hulle by die klub onder moeilike omstandighede reggekry het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button