Local sportSport

Beste stoeiers kry wisseltrofees

Die Hannes Dedekind-Wisseltrofee vir die stoeiklub met die meeste ondersteuning aan die Pumatjies, het aan die Sasol Stoeiklub gegaan, asook die Puma-Wisseltrofee vir die Stoeiklub met die Meeste Ondersteuning in die Seniorafdeling.

SECUNDA – Verskeie plaaslike stoeiers is vereer toe die Mpumalanga Stoeivereniging se jaarlikse prysuitdeling by die Sasol Ontspanningsklub plaasgevind het.

Lede van Sasol Stoeiklub het nege uit die 14 wisseltrofeë wat op die spel was, verower.

Die Hannes Dedekind-Wisseltrofee vir die stoeiklub met die meeste ondersteuning aan die Pumatjies, het aan die Sasol Stoeiklub gegaan, asook die Puma-Wisseltrofee vir die Stoeiklub met die Meeste Ondersteuning in die Seniorafdeling.

Piet Britz het die trofee vir die Kadet- en Junior Ligawenner verower, terwyl Unicor Stoeiklub die wisseltrofee vir die President Ligawenner ingepalm het. Zara D’Abbadie van Sasol Stoeiklub het die trofee vir Vlak 1 Afrigter met die Hoogste Punte ontvang en Nico van den Berg is as die Afrigter van die Jaar aangewys.

D’Abbadie het die wisseltrofee vir die Beste Vrouestoeier vir die Jaar verower.

Van den Berg het wisseltrofeë vir Seniorstoeier met die Beste Prestasie, Juniorstoeier met die Beste Prestasie, Mees Wetenskaplike Juniorstoeier en Mees Wetenskaplike Seniorstoeier verower.

Van den Berg het ook die trofee vir die stoeier wat die meeste kere die Suid-Afrikaanse kampioen was in die Vrystyl-afdeling gewen.

Jordan Webb van Sasol Stoeiklub het ook verskeie wisseltrofeë ingepalm.

Hy het die wisseltrofeë ontvang vir 0/13 Grieks-Romeinse stoeier met die Beste Prestasie, die 0/13 Vrystylstoeier met die Beste Prestasie, die Mees Wetenskaplike 0/13-stoeier, Stoeier met die Beste Vordering in die Grieks-Romeinse afdeling en die stoeier wat die meeste kere die Suid-Afrikaanse kampioen was in die Grieks-Romeinse afdeling.

Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, is trots op die klub se prestasies.

Hy het al die ouers, stoeiers, afrigters, skeidsregters, spanbestuurders, administratiewe personeel en die uitvoerende bestuur van die klub bedank vir hul hulp, en bydrae in 2018.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button