Local sportSport

Bethal Bears wen twee wedstryde

Neil Parsons is trots op sy span

BETHAL – Die Courier Guys Bethal Bears Old Boys krieketspan het Saterdag, 12 Januarie in hul eerste wedstryd in die Gert Sibande Promosie T20 liga die Sasol Griffons met 52 lopies geklop.

Die Old Boys het 194/6 in 20 boulbeurte aangeteken en die Griffons beperk tot slegs 142 lopies.

Mnr. Neil Parsons, van die Old Boys, het gesê Fires van der Heever (55), die oudste speler van die Bears, en Louis Behr het ’n mooi openingskolf vennootskap gehad en die fondasie vir die res van die kolwers gelê.

Jan-Hendrik van der Merwe was die beste kolwer en het 59 lopies aangeteken.

Hy is goed bygestaan deur Van der Heever met 34 lopies en Jaco Dorfling met 33 lopies.

Van der Merwe was die Bears se beste bouler met 3/9 in drie boulbeurte en Braam Schoeman met 2/10 in twee boulbeurte.

Die Bears het ook hul tweede wedstryd, teen Sasol Akademie, met 70 lopies gewen.

Bethal het 160/6 in 20 beurte aangeteken en Sasol Akademie vir slegs 90 lopies uitgeboul.

Van der Merwe was weereens die beste kolwer met 69 lopies en Corne Greyvenstein het 30 lopies aangeteken.

Greyvenstein was die beste bouler met 4/30 in vier boulbeurte en Braam Schoeman met 2/0 in een boulbeurt.

Mnr. Parsons het gesê hulle is trots op die span en die manier waarop die spelers gespeel het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button