Local sportSport

Standerton krieketspan vaar goed in T20-wedstryde

Westryd een was tussen Ermelo Frogs en Piet Retief Eagles, waar die Frogs benoude spronge gemaak het en die knie moes buig.

Standerton Krieketspan het verlede jaar die Gert Sibande Promosieliga in die 50-beurt-reeks gewen.

Die span sal vanjaar teen die ander twee streke, Elanzeni en Nkangala, meeding om die Mpumalanga-titel te probeer bekom.

Die Promosieliga se T20-wedstryde het op 12 Januarie begin.

Drie wedstryde is op Ermelo op Hoërskool Ermelo se velde beslis.

Wedstryd een was tussen die Ermelo Frogs en Piet Retief Eagles, waar die Frogs benoude spronge gemaak het en die knie moes buig.

In die tweede wedstryd het Piet Retief en Standerton mekaar die stryd aangesê.

Standerton het die loot verloor en is gevra om eerste veldwerk te doen.

Standerton se kaptein, Werner Mouton, en sy span was hiermee heel gelukkig, omdat hul eerste wou veldwerk doen.

Dit het Standerton 18.5 beurte geneem om die span van Piet Retief vir 115 lopies paviljoen toe te jaag.

Standerton het die totaal verbygesteek in die 16de beurt en het die wedstryd met drie paaltjies beklink.

Piet Retief se beste kolwer was Koos van Niekerk met 30 lopies en Standerton se Mouton het drie paaltjie vir 16 lopies in vier beurte geneem.

Pj Venter het ook die bal laat praat en het in sy vier beurte twee paaltjies vir 17 lopies geneem.

Standerton se beste kolwers was Louis Bibbey wat 34 lopies van 31 balle aangeteken het, Craig Young 21 van 12 en Quintin Kruger 21 van 19, nie uit nie.

 

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button