Hannes Reinecke wen 40km perde-uithourit op Trichardt
Altesaam 43 ruiters neem deel aan uithouritte
TRICHARDT – Hannes Reinecke het Saterdag, 12 Januarie die 40km perd-uithourit wat op Holfontein Plaas deur Maggie’s Ranch aangebied is, gewen.
Ahmed Durah het tweede geëindig in die 40km uithourit, terwyl Joseph Durah derde geëindig het.
Willie Kemp het die 20km-rit gewen terwyl Shandre van Rensburg tweede geëindig het en Megan Erasmus derde.
Daar was altesaam 43 deelnemers en dit was die eerste keer wat Maggie’s Ranch die uithouritte aangebied het.
Hulle beplan om dit ’n gereelde instelling te maak.
Me. Ina Heiberg, eienaar van Maggie’s Ranch, het mnr. Kosie van der Merwe bedank wat die perdestalle beskikbaar gestel het, mnr. Erick de Vos vir die skuur, mnr. Hendrik Prinsloo vir die hulp met die perdekampe en die span van Maggie’s Ranch vir hul harde werk.





