Full Moon Cue Sport klub op Ermelo het groot planne vir die nuwe jaar
Die klub het verlede jaar na ’n tawwe stryd as die wenners van die swartballiga weggestap.
Lede van die Full Moon Cue Sportklub het Dinsdag, 8 Januarie die nuwe seisoen afgeskop tydens hulle eerste oefening vir die jaar.
Die klub beplan groot dinge vanjaar en nooi almal wat belangstel om by die klub aan te sluit.
Hulle oefeninge is elke Dinsdag en Donderdag by die Ermelo Buiteklub op die Hendrina-pad.
Die klub het verlede jaar na ‘n tawwe stryd as die wenners van die swartballiga weggestap en is ook aangewys as die wenners in die Snoekerliga, met Charles Wahlstrand as die Mpumalanga Cue Sport snooker-kampioen. Hein Heine was die top presteerder in die swartballiga.
Enige iemand wat belangstel om by die klub aan te sluit kan Hein Heine skakel by 076 430 3741.



