Local sportSport

Bertie en Daleen wen Bethal se rolbalkampioenskap

Klub bied rolbaldae aan eerskomende Saterdag en in Februarie

BETHAL – Bertie Erasmus en Daleen Erasmus het onderskeidelik die mans- en vroue-afdelings van Bethal Rolbalklub se klubkampioenskap wat Saterdag, 19 Januarie plaasgevind het, gewen.

In die mans-eindronde het Erasmus vir Gerhard Engelbrecht geklop met 21/20 en die wedstryd het tot kop 28 gegaan.

In die vroue-eindronde het Erasmus vir Louanne Moller met 21/18 geklop in 25 koppe.

Bethal Rolbalklub bied ook Saterdag, 26 Januarie hul presidentsdag aan en die doel van dié dag is om geld in te samel vir die Hoëveld se provinsiale spelers.

Klubs van Bethal, Secunda, Standerton, Ermelo en Vrede gaan deelneem.

Bethal Rolbalklub ook bied Saterdag, 9 Februarie hul Hoëveld Kansadag op Ermelo aan in samewerking met Bowls SA.

Erasmus, die Hoëveld Rolbal-unie se president, het almal na dié rolbaldae genooi en gesê belangstellendes is welkom om by hul klub aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel Bertie Erasmus by 074 888 4379.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button