Sasol Secunda Krieketspanne klop eMbalenhle, verloor teen Bethallers
Sasol se openingsboulers boul eMba uit vir slegs 19 lopies
SECUNDA – Sasol Secunda-krieketklub se eerstes het die krieketveld met eMbalenhle gevee met hul kragmeting in eMbalenhle op Sondag, 3 Februarie.
eMbalenhle is vir slegs 19 lopies uitgehaal.
Sasol Secunda 1 was van die begin af die eMba-span een voor. Hulle het die loot gewen en eMba ingestuur om eerste te kolf.
Johan Visagie het vroeg eMba se openingskolwers uitgeharloop.
Hierna het Sasol se openingsboulers eMba vir slegs 19 lopies uitgeboul.
George Louw het vyf paaltjies vir 11 lopies geneem en Colin van Staden het vier paaltjies vir ses lopies gevat. Sasol het die wedstryd binne ses boulbeurte en met sewe paaltjies in die hand gewen.
Dié blitsige oorwinning het iewat opgemaak vir Sasol Secunda 2 se nederlaag teen die Bethal Bears Saterdag, 2 Februarie.
Dié kragmeting het op Secunda se tuisveld plaasgevind.
Sasol was ingestuur om te kolf, maar het slegs 154 lopies aanteken voordat hulle almal uitgeboul is.
Damian Barnard was Sasol 2 se beste kolwer met 53 lopies.
Die Bethallers het die wedstryd met ses paaltjies gewen. Hulle het Sasol se lopietelling in 17.3 boulbeurte behaal.



