Flippie Grobler seëvier by Standerton Skietklub-kompetisie
Belangstellendes kan die klub se webtuiste by www.Standertonshootingclub.co.za besoek of met Henro Pretorius by 082 324 6397, Johan Smit by 066 242 0274, Flippie Grobler by 082 470 2500 of Riaan Botha by 082 318 3751 in verbinding tree.

Standerton Skietklub het op Saterdag 9 Februarie hul eerste skietdag aangebied waar Flippie Grobler se 282.78 punte aan hom die oorwinning besorg het.
Henro Pretorius met 244.15 punte het tweede geëindig en Gert Martinson met 216.43 punte derde.
Armand Steyn met 182.65 punte was in die vierde plek en Johan Smit met 169.21 punte in die vyfde plek.
Die voorlopers in die juniorafdelings was Armand Steyn en Michael Pretorius, terwyl Johan Smit en Gerhard Lombard in die seniorafdeling die voortou geneem het.
Andries Martinson het die super-seniorafdeling gewen en in die vroue-afdeling het Karla Lombard, Isabel Martinson en Linda van Rensburg onderskeidelik die eerste, tweede en derde plek behaal.