Local sportSport
Sasol DigiMag wen plaat en beker by 7s-toernooi
Plaaslike Rugbyklub meet Saterdag kragte met Delmas
SECUNDA – Sasol Rugbyklub se spanne het die afgelope naweek uitgeblink.
Sasol DigiMag se eerste, tweede- en derde spanne het op Bethal aan ‘n 7s-toernooi deelgeneem en die Beker en die Plaat gewen.
Die Sasol DigiMag-oefengroep wat aan die Gold Cup-toernooi deelneem het in Durban ‘n opwarmingswedstryd teen die Rovers gespeel en met 10-12 verloor.
Die puntemakers is Berty Visser wat ‘n drie gedruk het, en Jannie van der Merwe wat ‘n strafdoel aangeteken het en ‘n drie verdoel het.
Twee van Sasol DigiMag Rugbyklub se spanne speel teen Delmas, Saterdag, 16 Februarie, op Delmas.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



