Local sportSport

Sasol 1 verloor net-net en Sasol 2 wen

Sasol DigiMag-spelers speel Saterdag op tuisveld

SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub se eerste- en tweede spanne het die afgelope naweek op Delmas gespeel en een wedstryd gewen en een verloor.

Sasol 1 het Saterdag, 16 Februarie met Springs 1 kragte gemeet en met 15-17 verloor.

Sasol 1 was voor tot in die 82ste minuut van die wedstryd toe Springs 1 ‘n strafdoel gekry het en die bal deur die pale gestuur het.

Die spelers van die wedstryd van Sasol 1 is Izan Green en Steyn van der Heever.

Sasol 2 het met Nigel 1 kragte gemeet en hulle met 33-7 geklop.

Die spelers van die wedstryd van Sasol 2 is Mark Jacobs en Brandon Potgieter.

Sasol DigiMag Rugbyklub se spanne speel eerskomende Saterdag tuis teen die Raiders van Johannesburg.

Anwar Fillis van Sasol DigiMag Rugbyklub laat loop met die bal Saterdag tydens hul wedstryde op Delmas. (Foto: Mariëtte Kruger)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button