Local sportSport

Ivann beoordeel ook nou na welslae in liggaamsbou

Hy het die siening dat liggaamsbouers vet word as hulle ophou oefen, nek omgedraai met verwysing na ’n liggaamsbouer wat gekondisioneer is om daagliks vyf maaltye te eet, gepaardgaande met intensiewe gimnasiumsessies.

As 20 eiers, 1,2kg hoender, 400g rys, 300g rooivleis afgesluk met vyf tot agt liter water per dag te dik vir ’n daalder klink, dit is hoe Ivann van Wyk sowat 18 weke voor ’n liggaamsboukompetisie voorberei.

Dié sakeman van Standerton gebruik ook geen alkohol tussen Mei en November nie om sy sport, wat dissipline en toewyding verg, se hoogste sport te bereik.

Hy het onlang in Huntington Beach in Kalifornië aan die Wêreldkampioenskap deelgeneem en sewende in sy afdeling geëindig.

Dié prestasie is nie te versmaai nie as in ag geneem word dat liggaamsbouers van 42 lande oor ’n drie-dae-tydperk meegeding het.

Ivann het verlede jaar ook ’n beoordelingskursus voltooi en is nou gekwalifiseerd om internasionaal die kaf van die koring te skei.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser van volgende week.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button