Local sportSport

Krieketspelers van Standerton opgewonde oor eindstryd

Hulle teenstanders is die Bethal Old Boys en die kragmeting vind Sondag op Bethal plaas.

Standerton Krieketklub se kaptein, Werner Mouton, het laat blyk dat dit ’n frustrasie is om nog ’n week vir die eindstryd te wag nadat dit uitgereën het.

Die spelers is egter opgewonde omdat dit vir hulle ’n wonderlike seisoen was, wat hopelik op ’n hoogtepunt afgesluit kan word.

Hulle teenstanders is die Bethal Old Boys en die kragmeting vind Sondag op Bethal plaas.

Mouton het ook kortliks sy mening oor toetskrieket gegee waar die Proteas teen Sri Lanka meeding.

“Die toporde sukkel en die middelorde sal hulle staal moet wys,” het hy gesê.

“Ons hoop hulle is reg vir die Wêreldbeker.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button