Local sportSport

Albert Biddlecombe leef sy passie uit op krieketveld

Krieketafrigter is nuwe direkteur van bemarking

SECUNDA – Albert Biddlecombe is op sy gemaklikste op die krieketveld, of dit nou is met ‘n krieketkolf in die hand of wanneer hy afrig.

Hy het op Secunda grootgeword en na matriek die geleentheid om in Engeland te gaan krieket speel met albei hande aangegryp.

Hy het ‘n jaarkontrak by die Leeds Krieketklub aanvaar en voltyds vir dié klub krieket gespeel.

Biddlecombe het in 2007 teruggekeer na sy geboortedorp, Secunda en ‘n krieket-akademie by Hoërskool Secunda oopgemaak.

Hy werk die afgelope 12 jaar by Hoërskool Secunda en die laaste ses jaar as sportdirekteur van dié skool.

Hy is ook by die provinsiale krieketunie betrokke as afrigter en by Krieket Suid-Afrika se 0/19 ‘Talentcap’-span.

Biddelcombe is onlangs aangestel in die rol as direkteur van bemarking by Hoërskool Secunda en gaan nouliks by die organisering van geleenthede by die skool betrokke wees.

Hy is ook by verskeie klein ondernemings betrokke waar hy aandele het en hy is ‘n kranige gholfspeler en lid by Graceland Buiteklub.

Albert Biddlecombe op die krieketveld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button