Local sportSport

T20 promosie-krieketliga: Standerton klop Bethal in halfeindronde

Klub sien uit na volgende seisoen van krieket

BETHAL – Die Courier Guy Bethal Bears Old Boys het Sondag, 24 Februarie in die T20 promosie-krieketliga teen Standerton te staan gekom in die halfeindronde in die stof gebyt.

Die Old Boys het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Volgens Niel Parsons, van Bethal Krieketklub, het die Old Boys se aanvangsboulers goed begin en Standerton aanvanklik beperk.

Werner Mouton van Standerton het egter daarin geslaag om 53 lopies aan te teken en Craig Young 4 lopies.

Standerton het hul kolfbeurt geëindig met 198/5 in 20 boulbeurte.

“Die Old Boys het hul bes probeer om die totaal te kry, maar die Standerton boulers was net te goed,” het Parsons gesê.

Kobus Swart en Corne Greyvenstein van die Old Boys was die beste kolwers met onderskeidelik 40 en 32 lopies.

Die Old Boys se kaptein, Johan Strydom, het na die wedstryd gesê dit was ‘n heerlike dag en wonderlike seisoen.

Parsons het die klub se borg, Courier Guy bedank, asook mnr. Jaco Dorfling vir sy harde werk om die seisoen suksesvol te maak.

Hy het ook Hoërskool Hoogenhout vir die gebruik van hul veld en die Bethal-gemeenskap vir hul ondersteuning, bedank.

“Ons sien uit na die volgende seisoen,” het Parsons gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button