Local sportSport

Sasol DigiMag se Gold Cup-span wen hul eerste wedstryd in die reeks

Die span speel hierdie Saterdag, 16 Maart, teen East Rand United in Boksburg.

SECUNDA – Sasol DigiMag-rugbyklub het die span van Multisure Gardens met 19-14 in hul eerste wedstryd van die SSG Gold Cup-reeks op Saterdag, 9 Maart geklop.

Die wedstryd is in Uitenhage se stadion, die sogenaamde “Hok” beslis.

Hoewel die veld nat was en die losskakel, Fanie Booysen, se agterdyspier met die opwarming beseer is, het die span steeds op hul mikpunt gefokus – om te wen.

Sasol het teen halftyd met 7-0 voorgeloop.

Die tweede helfde het egter vir naelbyt-opwinding gesorg toe die Uitenhagers twee driëe kort na mekaar gedruk het.

Steyn van der Heever, skrumskakel, het Sasol DigiMag se eerste drie gedruk.

Marinus van der Merwe, heelagter, het hierna nog ’n drie gedruk en met twee doelskoppe geslaag.

Slot Willa Martin het die laaste drie vir die Sasol DigiMag-span gedruk.

Ruan van der Colff is as die beste voorspeler en Christiaan Wessels is as die beste agterspeler van die dag aangewys.

Die span wat in die Gold Cup-reeks vir Sasol Digimag uitdraf, is Francois Jacobs (loskopstut), Hanco Nel (haker), Michael Van Vuren (vaskopstut), Calvin Clack (slot), Willa Martin (slot), Johan van der Merwe (oopkant-flank), Ruan van der Colff (toekant-flank), Izan Green (agsteman), Steyn van der Heever (skrumskakel), Fanie Booysen (losskakel), Bertie Visser (linkervleuel), Tiaan Moore (binnesenter), Anwar Fillis (buitesenter), Christiaan Wessels (regtervleuel) en Marinus van der Merwe (heelagter).

Die plaasvervangers op die span is Lenro Vergottini (16), Neels Els (17), Jurgen Steinbach (18), Llewellyn van der Linde (19), Brandon Potgieter (20), Dalton Smit (21), Steven Jacobs (22) en Tyron Ferreira (23).

Die span speel hierdie Saterdag, 16 Maart, teen East Rand United in Boksburg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button