Local sportSport

Corne Klopper en Ronel Purchase gekroon as klubkampioene by Bethal Gholfklub

Purchase het na 102 houe oor die eerste 18 putjies gespeel, maar 'n goeie terugverpoging oor die laaste 18 putjies van 82, het aan haar die kampioenskap besorg.

BETHAL – Corne Klopper en Ronel Purchase is Sondag as Bethal Gholfklub se klubkampioene gekroon.

Klopper het 148 houe oor 36 putjies aangeteken en Purchase 187.

Purchase het na 102 houe oor die eerste 18 putjies gespeel, maar ‘n goeie terugverpoging oor die laaste 18 putjies van 82, het aan haar die kampioenskap besorg.

Klopper het op sy beurt ‘n puik 73 oor die eerste 18 putjies gespeel.

Sy 75 oor die tweede 18 putjies het hom oor die wenstreep getrek.

Frik Human het tweede in die kampioenskap geƫindig met 152 houe, nadat hy 74 houe oor die eerste 18 putjies en 84 oor die tweede 18 putjies, gespeel het.

Bethal se manskampioen, Corne Klopper, ontvang sy prys van Neil de Jager.
Ronel Purchase, Bethal se vroue-kampioen, ontvang haar prys van Neil de Jager.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button