Local sportSport

Sasol DigiMag byt in die stof op hul tuisveld

College Rovers dring deur na kwarteindronde van Gold Cup-liga

SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub se eerstespan het op Saterdag, 23 Maart op hul tuisveld in die stof gebyt teen die College Rovers in die Gold Cup-reeks.
Sasol DigiMag het met 27-17 verloor.

Die wedstryd moes, net sowat 20 minute nadat begin het, vir sowat ‘n uur gestop word weens weerlig.

Sasol DigiMag se puntemakers vir die wedstryd was Izan Green, Fanie Booysen en Marinus van der Merwe wat elk ‘n drie gedruk het en Jannie van der Merwe wat een drie verdoel het.

Booysen is as die beste agterspeler van die wedstryd aangewys en Ruan Van der Colff as die beste voorspeler.

Die rugbylegende, Bakkies Botha, het die wedstryd bygewoon en aanhangers kon foto’s saam met hom neem en met hom gesels.

Anwar Fillis verdedig terwyl Ruan van der Colff ’n speler van die College Rovers probeer neertrek.
Fanie Booysen druk ’n drie op Saterdag, 23 Maart tydens Sasol DigiMag Rugbyklub se wedstryd teen die College Rovers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button