Local sportSport

Krieketspelers begin akademie op Bethal

Vriende wil Hoogies-leerders gratis afrig

BETHAL – Spanbestuurder van die Bethal Bears Krieketspan, mnr. Niel Parsons, en krieketspeler en ondervoorsitter van Bethal Krieketklub, Corné Greyvenstein, het onlangs ‘n nuwe krieket-akademie op die dorp begin.

“Ek en Corné het ‘n behoefte op die dorp gesien vir ‘n krieket-akademie en intensiewe afrigting,” het mnr. Parsons gesê.

Hulle doelwit is om die basiese beginsels van krieket vir jong spelers te leer deur van moderne afrigtings-tegnieke gebruik te maak.

“Die kinders geniet dit baie en ons het gesien as hulle dit geniet, leer hulle makliker.”

Mnr. Parsons bring meer as 20 jaar se ondervinding in klubkrieket en krieket-administrasie na die akademiet terwyl mnr. Greyvenstein op provinsiale vlak krieket gespeel het.

Volgens mnr. Parsons is mnr. Greyvenstein steeds een van die beste paaltjiewagters in Mpumalanga. Daar is tans 35 jong krieketspelers in die akademie en hulle het nog ‘n paar beperkte plekke oop vir nuwe spelers.

Parsons en Greyvenstein het as oud-Hoogies, besluit om op Woensdae gratis afrigting aan Hoogie-krieketspelers wat belangstel, te bied.

Hulle het al die ouers wat hulle vertrou met hul kinders se krieketontwikkeling bedank, asook Hoërskool Hoogenhout vir die gebruik van hul krieketvelde en mnre. Rindert Wyma en Marius Burger vir hul ondersteuning.

Besoek hul Facebook-blad by Little Champs Cricket Academy vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button