Gholfers blink uit in ‘Bonus Bogey’-kompetisie by die Standerton Buiteklub
Die maandelikse beker is op 5 April beslis waar Gert du Preez die beste gross aangeteken het en ook in die A-afdeling geseëvier het.
Gholfers het onlangs aan ‘n ‘Bonus Bogey’-kompetisie by die Standerton Buiteklub deelgeneem waar Alex Pieterse met +5 geseëvier het.
Aldo Arnaldi se +4 het aan hom die tweede plek besorg, terwyl Abdul Hadjed met +3 en Lourie Nel met +1 onderskeidelik derde en vierde geëindig het.
Arnaldi het ook ‘n spog-twee aangeteken.
In die ligawedstryde het Standerton A 0-8 teen Ermelo verloor, Standerton B het Graceland 7-1 geklop en Standerton C het Morgenzon 6-2 geklop.
Die maandelikse beker is op 5 April beslis waar Gert du Preez die beste gross aangeteken het en ook in die A-afdeling geseëvier het.
Jannie Nichols het in dié afdeling tweede geëindig.
Altesaam 16 spelers het meegeding.
Jacques Scholtz was onoorwonne in die B-afdeling, Hannes Vermaak onoorwonne in die C-afdeling en Rentia Scholtz het in die juniorafdeling koning gekraai.
Geeneen kon die boerpot wen nie en Nichols, Du Preez en Ronald Kinnear het die ‘mystery birdie’ gewen.
Du Preez het ook die gelukkige trekking gewen.
Voorts moes die Outoppies A die knie teen Middelburg met 2-4 buig, terwyl die Outoppies B Greenside met 5-1 geklop het.
Standerton Gholfklub het ook hul nuwe komitee aangewys.
Casper Roux neem die voorsitterstoel in en Johan van Rensburg is ondervoorsitter.
Malcolm Johnston is die tesourier en Hannes Vermaak die sekretaris.
Die sportsekretaris is Stephen Nortje, terwyl Theuns Adendorff klubkaptein en Jacques Scholtz onderkaptein is.



