Local sportSport

Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging se Edelvalk-tak hou skietdag

Die wenspanne was die Ratels (2820), Korrelkoppe (2750), Arms 1 (2660), The Y Nots (2600) en Rat Brahmane (2510).

Stoffel Bester se plaas Höningvallei het op Saterdag 6 April gasheer gespeel vir die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging se skietdag.

Altesaam 192 skuts het deelgeneem.

Die wenspanne was die Ratels (2820), Korrelkoppe (2750), Arms 1 (2660), The Y Nots (2600) en Rat Brahmane (2510).

Vir die skoner geslag het die Red Hot Chillie Peppers (2230) bewys hulle kan maar na hul sege.

Die individuele prestasies vir die mans is Johan de Jager, Frederick Maritz en Callie Duminy elk met 800, gevolg deur Jako Steenkamp met 780, Theunis du Plooy met 760, Stoffel Bester met 770, terwyl Riaan Booysen en Jean van den Berg albei 720 behaal het.

By die vroue het Sanet Schoeman in die eerste plek met 680 ingeskuif, gevolg deur Celestie Bailey met 530 en Carla Lues sowel as Lisa Smit met 510.

Callie Duminy het die geweer wat uitgeloot is, gewen.

Dawie Bester het die gelukkige trekking by die 505m-ghong gewen.

Die volgende ghongskietdag sal op Saterdag 3 Augustus op die dieselfde plaas gehou word.

Skuts in aksie op 6 April op Stoffel Bester se plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button