Local sportSport

Proconics se Secunda-span vaar goed by Maluti Double 90 op Clarens

Span van 12 durf 180km aan

SECUNDA – Plaaslike fietsryers wat deel van die Proconics Secunda-fietsryspan is, het op Saterdag, 13 April aan die Maluti Double 90 fietswedren op Clarens in die Vrystaat deelgeneem en goed gevaar.

Fietsryers neem in spanne van 12 ryers elk deel.

Die Proconics Secunda-span het algeheel 19de geëindig. Daar het 120 spanne deelgeneem.

Die Proconics Secunda-span bestaan uit Werner Luddick, Stefan Kruger, Maree Verhoef, Daniel Louw, Johann Spengler, Richard Swanepoel, Marco du Plessis, Jaco Nortjé, Willie Weber, Brand du Plessis, Tobie Basson en Jaco van Vuuren.

Louw het die beste gevaar onder sy spanlede en algeheel 150ste geëindig tussen meer as 1 200 fietsryers.

Swanepoel het 151ste geëindig, Van Vuuren 152ste, Du Plessis 153ste, Basson 154ste, Weber 155ste, Verhoef 156ste, Luddick 177ste, Kruger 217de, Spengler 239ste, Nortjé 280ste en Marco du Plessis 287ste.

Stefan Kruger, Richard Swanepoel, Jaco Nortjé, Daniel Louw, Johann Spengler en Willie Weber is gereed om die 180km aan te pak op Saterdag, 13 April.
Die Proconics Secunda-span bestaan uit Werner Luddick, Stefan Kruger, Maree Verhoef, Daniel Louw, Johann Spengler, Richard Swanepoel, Marco du Plessis, Jaco Nortjé, Willie Weber, Brand du Plessis, Tobie Basson en Jaco van Vuuren.
Brand du Plessis van die Proconics Secunda-span neem ‘n foto terwyl hy en 11 ander fietsryers van Secunda aan die Maluti Double 90-fietswedren op Clarens deelgeneem het Saterdag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button