Local sportSport

Hengelaars kap 112 visse vas by Biermans Vaaldam

Nicolene Kuhn het die swaarste kleinbekgeelvis vasgekap, Holtzhausen die swaarste moddervis, Mac Macharthy die swaarste graskarp en karp en Morne Kuhn die swaarste baber.

Standerton en Distrik Hengelklub het onlangs lyn natgemaak by Biermans Vaaldam en 112 visse met ‘n totale gewig van 63,58kg aan wal gebring.

Die uitslae in die onderskeie afdelings is:

In die seniorafdeling het Morne Kuhn met 28 visse van 19,30kg eerste geƫindig, gevolg deur Andries Holtzhausen met 28 visse van 15,61kg en Louis Fourie met 19 visse van 8,85kg.

Die vroue-afdeling se Nicolene Kuhn se 14 visse van 5,34kg het aan haar die eerste plek besorg.

In die 0/19 se juniorafdeling was Morne Kuhn onoorwonne met 17 visse van 9,22kg.

Nicolene Kuhn het die swaarste kleinbekgeelvis vasgekap, Holtzhausen die swaarste moddervis, Mac Macharthy die swaarste graskarp en karp en Morne Kuhn die swaarste baber.

Die Kuhns, Morne (sr.), Nicolene en Morne (jr.) by die viswater. (Foto verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button