Local sportSport

Sasol-ringbalklub spog met 22 lede in span

Die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan ook ’n geskiedkundige oomblik vir die Potgieter-familie wees, want drie geslagte Potgieters sal dan aan dieselfde toernooi deelneem

SECUNDA – Die Sasol Secunda Ringbalklub spog met 22 lede wat gekies is om in Junie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Ringbalkampioenskap deel te neem.

Die lede is op ‘n spoggeleentheid van die Mpumalanga Noord Ringbal-distrik (MNRD) wat op 13 April gehou is, aangekondig.

Hulle sal deel wees van die spanne wat die MNRD by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Pretoria vanaf 23 tot 29 Junie verteenwoordig.

Die klub se spelers moet nou elke Woensdag op Middelburg saam met die res van die distrikspan oefen wat ook op 1 en 8 Junie aan vriendskaplike byeenkomste in onderskeidelik Sedibeng (Meyerton) en Rustenburg sal deelneem.

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gaan ook ‘n geskiedkundige oomblik vir die Potgieter-familie wees, want drie geslagte Potgieters sal aan dieselfde toernooi deelneem.

Mnr. Corrie en me. Ansa Potgieter en hul seun, mnr. Pottie Potgieter is as spanbestuurders gekies.

Die egpaar se ander seun, Willie Potgieter en sy vrou Adri, is as spelers gekies en hul kleinseuns, Xavier, Corné en Logan is in die juniorspan wat aan die kampioenskap gaan deelneem.

Mnr. Pottie Potgieter, me. Ansa Potgieter en mnr. Corrie Potgieter is as spanbestuurders van die MNRD gekies.
Die vroue wat vir die MNRD-span gekies is, is (voor) Dian-Marie Wiese, Anelia de Wet en Adri Potgieter. Agter is Jossy Jonker, Trix van den Berg en Tessa Jonker. Nanette Behr was afwesig toe die foto geneem is.
Die kinders wat deel van die juniors in die MNRD-span gekies is, is (voor) Corné Potgieter en Xavier Potgieter. Agter is McKenna Mocke, Logan Potgieter en Leané Jonker. Elias du Preez was afwesig toe die foto geneem is.
Die mansspelers wat vir die MNRD-span gekies is, is (voor) Ian van der Watt en Johan Jonker. Agter is Jan Mocke, Leonard Broodryk en Willie Potgieter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button