Local sportSport

Fietsryers trap vir die vale oor Paasnaweek

“Fietsryers, ongeag hulle vermoëns, kon die ervaring meemaak.”

Standerton Trapklub het die afgelope Paasnaweek gebruik om fietsryers ‘n ervaring duisend te gee.

Theo en Caren Viljoen was oudergewoonte vir die reëlings verantwoordelik waar 45 fietsryers oor vier dae behoorlik uitgehaal het.

Dit was die vierde jaar dat dié toer tydens die Pase plaasgevind het en die grootste getal ryers het ingeskryf.

Lede kon kies of hul al die dae of slegs sekeres wou deelneem en die uitnodiging het beklemtoon dat dit ‘n toer en nie ‘n resies is nie.

Ryers het daagliks om 8vm begin en kon elke aand tuis slaap.

Deelnemers het Vrydagoggend vanaf die nuwe Sasol-vulstasie tot by Val gery en weer terug om 80km af te lê.

‘n Totaal van 77km het Saterdag op hulle gewag, vanaf die Engen-vulstasie in Meyerville tot by Platrand en terug.

Hulle het Sondag vanaf die ou brug ‘n sirkelroete om die Grootdraaidam gery en 80km aangeteken.

Tydens die laaste skof op Maandag, is vanaf die Sasol-vulstasie ‘n sirkelroete via Holmdene gery wat op 60km te staan gekom het.

Francois Streicher, klubvoorsitter, het voortdurend die klub se Facebook-blad met foto’s gelaai om aan belangstellendes ‘n blik op die gebeure te gee.

Volgens Streicher, was dit ongetwyfeld ‘n sukses. “Fietsryers, ongeag hulle vermoëns, kon die ervaring meemaak.”

Johann Odendaal (sittende), Ruan van Lille (staande) en Johann Vosloo (sittende) vat ‘n blaaskans. (Foto verskaf)
Caren Viljoen in Standerton se groen hemp tydens die toer. (Foto veskaf)
Brendan Archer, Johann Odendaal en Jan Lombard durf die roete aan. (Foto verskaf)
Monica Swart laat die speke sing. (Foto verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button