Local sportSport

25 Hengelaars maak lyn nat by Grootdraaidam

Morne Kuhn was onoorwonne in die junior 0/19-afdeling met 12 visse van 4,405kg.

Standerton en Distrik Hengelklub het op 4 Mei ’n klubkompetisie sowel as ’n ‘Promania’, by Grootdraaidam aangebied.

’n Totaal van 25 hengelaars, wat op penne gehengel, het deelgeneem.

“Die hengelaars moes die skouers oopmaak en oor ’n ver afstand op ’n windstildag wedywer,” het Louis Fourie, klubvoorsitter, gesê.

In die seniorafdeling het Niewies Jansen van Nieuwenhuizen met 31 visse van 12,715kg eerste geëindig, gevolg deur Robert Nortje met 12 visse van 10,145kg en Dirk Nel (jr.) met 13 visse van 6,835kg.

Hannetjie Nortje het met 11 visse van 5,790kg in die vroue-afdeling geseëvier, terwyl Nicolene Kuhn met agt visse van 3,580kg en Elise Jansen van Nieuwenhuizen met 11 visse van 4,885kg onderskeidelik die tweede en derde plek behaal het.

Morne Kuhn was onoorwonne in die junior 0/19-afdeling met 12 visse van 4,405kg en Robert Nortje (jr.) onoorwonne in die junior 0/13-afdeling met 10 visse van 5,425kg.

In die super snuiters-afdeling was Leany Nortje eerste met twee visse van ,765kg, gevolg deur Chimonique Hoffman met twee visse van 0,250kg en Shinika Hoffman met een vis van 1,205kg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button