Local sportSport
Karetekas leer by twee meesters
Almal wat deelgeneem het, was dit eens dat ’n intensiewe opleidingskursus met sulke groot meesters nie elke dag gebeur nie.
Die Skisa Three Swords Karate Dojo Standerton het onlangs aan Standerton se omliggende dorpe die geleentheid gebied om ’n oefensessie met twee meesters by te woon.
Shuseki Shihan Manabu Marukami, hoofinstrukteur van Shotokan Karate-do van die Internasionale Karatefederasie, beskik oor die agtste dan (swart gordel) en is in 1988, 1991 en 1994 as wêreldkampioen in alle style aangewys.
Hy is vergesel deur die wêreldbekende Hanshi Sonny Pillay, president van Karate Suid-Afrika, en ook gekose president van die Statebondspele.
Almal wat deelgeneem het, was dit eens dat ’n intensiewe opleidingskursus met sulke groot meesters nie elke dag gebeur nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



