Local sportSport

Plaaslike krieketklubs se juniors meet kragte op Bethal

Kaptein Damian de Beer en Thokozani Malaza, Bethal se openingskolwers, het ’n rekord -openingsvennootskap van 179 lopies aangeteken voor Damian sy paaltjie op 101 lopies verloor het

BETHAL – Die Bethal Little Bears se 0/13-span het onlangs die Sasol Henleo Stars met 44 lopies geklop.

Die twee spanne het by Laerskool HM Swart op Bethal kragte gemeet.

Sasol het die loot gewen en het die Little Bears ingestuur om te kolf.

Kaptein Damian de Beer en Thokozani Malaza, Bethal se openingskolwers, het ‘n rekord -openingsvennootskap van 179 lopies aangeteken voor Damian sy paaltjie op 101 lopies verloor het.

Hy het hierdie telling van slegs 79 balle wat 20 grenshoue ingesluit het, aangeteken.

Thokozani het op 57 lopies van 82 balle sy kolfbeurt verklaar om sy spanmaats ‘n kans te gee om te kolf.

Logan Schutte met 27 lopies, Josh Pillay met 25 lopies en Franco Scheepers met 24 lopies het almal bygedra tot die Bethal Little Bears se totaal van 327 lopies vir agt paaltjies in hul 50 beurte.

Sasol Henleo Stars het hard terug geveg, maar is uiteindelik in die 33ste beurt uitgeboul vir 183 lopies.

Bethal Little Bears bouler Ulrich Badenhorst het uitgeblink met die bal en het vier paaltjies vir slegs ses lopies in 2.3 boulbeurte laat kantel.

Sasol Henleo Stars se Nathan Erasmus het as kolwer vir sy span uitgestaan met 59 lopies op sy kerfstok.

Nadir Abbas het vier paaltjies vir Sasol geneem.

“Ons is baie trots op elke speler in die span. Almal het bygedra tot ons grootste oorwinning ooit,” het mnr. Leon Parsons, voorsitter van Courier Guy Bethal Bears en afrigter, gesê.

Bethal Little Bears speel eerskomende naweek teen Piet Retief se 0/13-span by Laerskool HM Swart op Bethal.

Die Sasol Henleo Strikers het juis die afgelope naweek na Piet Retief gereis en daar teen Piet Retief se span te staan gekom.

Dié wedstryd is na 25 boulbeurte verkort waarin Piet Retief 179 lopies aangeteken teenoor Sasol se 153 lopies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button