Sasol DigiMag se eerstese en tweedes wen terwyl derdes in die stof byt
Fillis teken punte aan vir eerstespan
SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub se drie spanne het die afgelope naweek met Witbank Rugbyklub in eMalahleni (Witbank) kragte gemeet.
Sasol se eerste- en tweedespanne het hul wedstryde gewen.
Sasol DigiMag 1 het Witbank 1 met 29-17 geklop.
Johan van der Merwe was die voorspeler van die wedstryd en Anwar Fillis die beste agterspeler.
Fillis het ook die laaste drie van die wedstryd gedruk.
Die ander puntemakers was Van der Merwe, Berty Visser en Wian Prinsloo wat elk ‘n drie gedruk het.
Marinus van der Merwe het twee drieë verdoel en een strafdoel deur die pale gestuur.
Sasol DigiMag 2 het Witbank 2 met 13-0 geklop.
Die beste spelers was Michael Podges (voor) en William Pretorius (agter).
Podges het een drie gedruk en Pretorius het die drie verdoel en twee strafdoele deur die pale gestuur.
Sasol DigiMag 3 het in die stof gebyt teen Witbank 3 en met 17-7 verloor.
Ruan Neethling en HD Basson was onderskeidelik die beste voor- en agterspeler van die wedstryd. Basson het een drie gedruk en DC Saaiman het die drie verdoel.




