Xander Bailey maak opslae in Suid-Afrikaanse jagterskringe
Tuis sal Xander by die Edelvalk-tak van die SAJW sy vaardighede slyp en oupa Cecil, het hom in dié uitdagende sport touwys gemaak met pa Christo, wat altyd in die prentjie was.
Xander Bailey het geen bekendstelling in jagterskringe nodig nie.
Dié 13-jarige hoofseun van Laerskool Standerton is die jongste skut ooit wat verlede jaar die gesogte Groen Platinum-baadjie van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJW) in ontvangs geneem het.
Mnr. André van der Merwe, spreker, wat vooraf met die Baileys ooreengekom het om Xander in sy toespraak te noem, het hom daarna as voorbeeld van jong, opkomende skuts gebruik.
“Ek was baie dankbaar vir die groot voorreg,” het Xander gesê.

Watwou in sy ouderdomsgroep meeding, hy wedywer in die 0/18-afdeling op Suid-Afrikaanse vlak.
Om te kwalifiseer vir die SAJW se kampioenskap moet ‘n skut dieselfde punte en posisies as die res van die deelnemers behaal.
Xander neem sedert 10-jarige ouderdom aan die SA’s deel en het deurgaans onder die top 10 juniors geëindig.
Tuis sal Xander by die Edelvalk-tak van die SAJW sy vaardighede slyp en oupa Cecil, het hom in dié uitdagende sport touwys gemaak met pa Christo, wat altyd in die prentjie was.
“Ek het begin skiet toe ek twee jaar oud was.”
Die geweersmid, mnr. Chad Gillie, ‘n familievriend, het hom begin borg en vir hom op tweejarige ouderdom ‘n Daisy-geweer gegee en by die Frankfort-skietbaan het hy twee jaar gelede die lekkerste aangelê.

Moet vir geen oomblik dink dié sportman hou daar op nie want hy is lid van die eerste krieketspan by Stannies met kolf wat hom die meeste plesier gee.
Die bykomende verantwoordelikhede as hoofleier by Stannies is ook deel van sy lewe. Verskeie gewere is al beproef soos die 6.5 Creedmore en die 6.5 Grendel.
Hy het die goeie spangees onder skuts beklemtoon en oefen maklik twee keer ‘n week, sommer buite in die erf, aan sy reeds erkende skuttalent.
“Hy ontspan deur te skiet” het ma Celestie laat blyk.
En wat gebeur na ‘n skietdag?
“Hy is kaalvoet en speel met sy karretjies,” het Celestie die aap uit die mou gelaat.
“Vir dié sport moet jy gefokus en nederig bly,” het Xander mee afgesluit.




